Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Goeie ou dae herroep

Goeie ou dae herroep
 
2007-07-12


EK het vier-en-veertig jaar gelede my in die drukkersbedryf begewe, en wonder of daar nog Paarliete is wat dié dae kan onthou.

Ek het as oud-Gimmie in 1963 my vakleerlingskap in Hand- en Masjiensetwerk by die Paarl Post drukkery begin.

My pa wou altyd gehad het dat ek ‘n onderwyser moes word, maar soos alle voortvarende jongetjies het ek volstrek geweier en dit beter gevind om my eie geld te verdien eerder as om my pa se geld op kollege te mors.

Oubaas Nico Retief van Paarl Post het my in elk geval oortuig dat ‘n jongman ‘n ambag moet leer!

My jare by die Paarl Post was uiters opwindend, leersaam en sommer net lekker. Dit was ‘n groot voorreg om vir die Retiefs te kon werk. Die lesse en grondlegging wat ek daar ontvang het, het my bygebly en is beslis die hoofrede vir my sukses in die lewe.

Nicol en Lambert Retief het na universiteit by hulle pa kom aansluit net soos my twee seuns by my drukkery in Pretoria om te leer wat op die vloer aangaan.

Ek het ook Oubaas Retief en Andy van Wyk se ‘vennoot’ geword by Wellington Drukpers wat hulle later aan my verkoop het uit liefde en nie vir die geld nie, want dit was maar vir min in vandag se taal.

Om my opleiding by die Paarl Post te kon ontvang was voorwaar ‘n voorreg - seker maar omdat ons altyd opgewek en vrolik kon wees.
Die kosbaarste jare was toe die bittereinders ons jonges moes leer: mense soos oom Charlie, ou James, oom Pietie en Bartie.

Bartie was by uitstek my beste leermeester. Ek het tot vandag toe nog nie ‘n meer gesoute vakman ontmoet nie (my stoutgeit het ek ook by hom geleer!).

Ek was die laaste man wat op die ou Handpers van ‘De Patriot’ lapnommers vir die Oktober Sports gedruk het voordat dit na die Taalmuseum verskuif is - iets waaroor ek nog steeds baie trots is.

Ek wil graag kontak maak met die oudkollegas wat nog daar is om tydens my volgende besoek aan die Wes-Kaap lekker te kom gesels, al die ou koeie uit te grawe en saam daaroor te lag!
Kontak my by 083-271-6731 of Posbus 1933, Garsfontein, 0060.

Jannie Bredenhann



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za