Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bewaarders slaan Citrusboere hok

Bewaarders slaan Citrusboere hok
 
2005-03-09


HULLE sê dit is droog in Citrusdal se wêreld en Saterdag op Allandale het die lopies ook vir vir dié dorp se krieketspan opgedroog.

Korrektiewe Dienste het die loot gewen in die Wes-Platteland ligawedstryd en besluit om eerste te kolf.

Knap kolfbeurte deur Neels Engelbrecht (44 4x9), Heinie Coetzee (38 4x6) en Andrew Victor (34 4x4) het help bou aan die totaal van 218/9 in hul 50 beurte.

Die besoekers word in die 34ste beurt uitgeboender vir 139 op ’n stadige blad waarop die naatboulers nie hond-haaraf kon maak nie.

Dit was egter die medium-spoed van die aflos-bouler Koos Liebenberg (5/36 in 7,2bb) wat die Citrusdal-kolwers op hul knieë gedwing het. Liebenberg het op een stadium ook op ’n driekuns gestaan.

Naatbouler Neels Spangenberg (2/14 in 4bb) en die draaier, Coetzee (2/17 in 6) het ook die skroewe aangedraai.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za