Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Winterlesings op Wellington

Winterlesings op Wellington
 
2007-07-19


DIE Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) in samewerking met die Breytenbach sentrum hou op Saterdag 28 Julie van 09:00 ‘n reeks winterlesings in die Goodnowsaal op Wellington. Voorste akademici sal die lesings aanbied.

Taal is in wese dit wat van ons mens maak. Om ten volle te begryp wat dit beteken om mens te wees, moet ons die rol van taal in die sosiale konteks, veral in die ontwikkeling van mense, gemeenskappe en nasies, verstaan.

Prof Ampie Coetzee praat om 09:30 oor Wat is Taal? Prof Hermann Giliomee praat om 10:30 oor Taal en haar Geskiedenisse. Prof. Hein Willemse praat om 11:30 oor Taal en die Letterkunde. Om 13:00 gesels Desmond Painter oor Taal, ongelykheid en hoop, en om 14:00 praat prof Sarie Berkhout oor Taal en die Opvoedkunde.

Hierdie reeks winterlesings sal op ‘n universele en lokale vlak fokus op bogenoemde perspektiewe wat verband hou met hierdie tema. Op die lokale vlak sal daar spesifiek aandag gegee word aan Afrikaans, as taal.

‘n Registrasiefooi van R100 is betaalbaar tydens registrasie. Dit sluit in bywoning van al die lesings en alle etes. Bespreek by tel 021-481-8304 of 021-873-2786.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za