Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kleuterskool heropgerig

Kleuterskool heropgerig
 
2007-07-19


’n HANDEVAT-PROJEK van Cargo of Dreams, ’n inisiatief van kerkgemeentes in Suid-Afrika en Amerika, sal eersdaags groot verandering in die lewens van kinders in Mbekweni bring.

Marius van der Colff van Cargo of Dreams is tans besig met dié projek waar verskepingshouers omskep word in klaskamers, toilette en ’n kombuis.

Die installering van die eerste houers gaan vanaf 23 Julie plaasvind by die Langabuya kleuterskool in Mbekweni, en daarna volg nege ander kleuterskole se opknapping.

Lidmate van die Paarlberg NG gemeente en ’n manspan vanaf die Coast Hills Community Chruch in Kalifornië gaan betrokke wees by die installeringsproses.

Voorbereidingswerk is tans aan die gang om die perseel gereed te kry vir die installering van die houers.

Dit behels om die informele struktuur waarin die kinders skoolgaan af te breek en die grond voor te berei vir die houers wat daarop geplaas moet word.

Die houers word van die VSA verskeep en deur ’n gemeente in ontvangs geneem om op die créche se perseel geïnstalleer te word.
Hulle gaan twee houers ontvang - ’n 12 meter houer wat omskep is in ’n klaskamer en ’n 6 meter houer wat omskep is in toilette en ’n kombuis.

Die houers is deur ’n gemeente in Kalifornië (VSA) gebou en het onlangs in Suid-Afrika aangekom.

Daar was in totaal 627 individue by die bouwerk betrokke - individue wat fisies self aan die houers gewerk het of bydraes gelewer het.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za