Blommeklub byeen
2005-06-02
DIE Paarl Blommeklub vergader Dinsdagaand om 19:00 in die NG Kerksaal te Kotzestraat, Denneburg.
Die interessante demonstrasie handel oor die verwerking van plantmateriaal om by die Oosterse blommekuns aan te pas.
Baie interessante, moderne tegnieke sal gedemonstreer word. Alle besoekers is welkom om ook ‘n koppie tee te geniet.
Navrae by Bessie van Zyl of Pieter Coetzee by 872-6864 of 872-5171.
More
News
|