Blues val vas, Violets verlep
2007-07-19
DIE eerste span van Lower Paarl Rugbyklub (Blues) het Saterdag tydens ‘n wegwedstryd teen Whistling Wheels met 42-29 vasgeval.
Die Paarliete het die tuisspan se voorspelers oortref, maar foute en swak verdediging het hulle uiteindelik die wedstryd gekos.
Ricardo Davids (heelagter), Marshall Muller (vleuel, 2), Reduaan Afrika (losskakel) het die drieë vir die Blues gedruk. Afrika het verder drie doelskoppe en een strafdoel oorgeskop.
Lower Paarl II het hul wedstryd 28-6 verloor terwyl die Blues se derde span 24-3 die onderspit gedelf het.
Hierdie klub speel Saterdag ‘n wegwedstryd teen Manenberg Rangers. Die bus vertrek 11:30 vanaf New Orleans. Vir inligting, skakel Adama Petersen by 021-862-4015.
* Violets moes Saterdag gedweë tweede viool speel en die knie buig teen Bishop Lavis.
Hul span was erg verswak deur beserings maar dit kan nie as verskoning aangevoer word vir die vertoning in die wedstryd nie.
Die Paarliete het alles probeer maar met swak dissipline van Violets se kant, het dit hulle die wedstryd gekos.
Violets het veggees getoon maar kon nie deurbreek nie.
Makkie Heyns het ’n drie gedruk en Ronwan Anderson het geslaag met twee straf-skoppe.
Die eindtelling was 17 teen 11.
Violets se tweede span wen met 29 teen 0 maar derde span verloor ook met 5 punte teen 10.
Violets speel Saterdag tuis teen die gedugte span van Blue Jets op die hoofveld.
More
News
|