Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Riverstones rol, Gardens blom

Riverstones rol, Gardens blom
 
2007-07-19


DIE Riverstones Rugbyklub het die naweek ‘n goeie 22-17 sege teen Perseverance aangeteken.

Hilton Green en Marlin Zwaan (slotte) het in die lynstane oorheers terwyl Marlin Snyders (skrumskakel) sy pak voorspelers goed beheer het.

Morn‚ Hefca, Christopher Hougaard, Orlando Abrahams en Green het drieë gedruk met Wilton van Neel wat met een doelskop geslaag het.
Riverstones II en Riverstones III het hul wedstryde onderskeidelik 15-8 en 17-0 gewen.

Dié klub speel Saterdag weg teen Caledonian Roses. Die bus vertrek 11:00 vanaf Chicago. Vir inligting, skakel Paulse by 082-563-4416.

* Die span van Young Gardens Rugbyklub het die afgelope naweek tuis met opwindende hardlooprugby hul teenstanders, Temperance, uitoorlê.

Die 19-jarige skrumskakel Roberto van Schoor het met sy puik diens aan die agterlyn en goeie taktiese skoppe die wedstryd beheer.

Die ligter pak voorspelers van Gardens het nie ‘n tree teruggestaan vir hul opponente nie.

Die samespel tussen die voor- en agterspelers, tesame met aggressiewe verdediging, het die Paarliete hul 21-10 oorwinning verseker.

Jeremia Hammers, Jacques Hendricks en Clint Cupido het elkeen drieë gedruk terwyl Ashwin Abrahams suksesvol was met twee strafskoppe. Hammers is aangewys as speler van die wedstryd.
Gardens II het hul wedstryd naelskraap 14-12 gewen terwyl Gardens III ‘n 19-7 oorwinning behaal het.

*Gardens speel Saterdag tuis teen Windmeul United.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za