Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Standards vee Roses weg

Standards vee Roses weg
 
2007-07-19


DIE span van Young Standards het Saterdag vir Caledonian Roses behoorlik van die veld afgevee met ‘n oorwinning van 37-5, nadat die rustydtelling 17-0 was.

Die voorspelers van Standards het behoorlik hul stempel afgedruk en gesorg dat goeie balbesit na buite kon gaan vir afronding.

Vir die voorspelers was uitblinkers veral Henly Goliath, Linton Lewis en Cain Williams, terwyl Joseph Dirkse, Hennie Johnson en Cheslin Solomons agterlangs beďndruk het.

Die ster van die wedstryd was ongetwyfeld die slot Brenton van Schoor wat drie drieë gedruk het en ook die toekenning Speler van die Wedstryd ontvang het.

Ander spelers in die span wat ook punte aangeteken het was Linton Lewis, Joseph Dirkse en Cheslin Solomon wat elk een drie aangeteken het, terwyl Bevan Francis twee doelskoppe en ‘n strafdoel aangeteken het.

Standards speel Saterdag 28 Julie teen Vineyards op Daljosafat A-veld.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za