Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Windmeul voor

Windmeul voor
 
2007-07-19


DIE Windmeul United Rugbyklub het verlede naweek tuis vir Harlequins van Milnerton kafgedraf nadat die Paarliete ‘n 33-3 sege behaal het.

Die eerste helfte was maar aan die stil kant met die rustydtelling 6-3 in die guns van Windmeul, maar ná die draai het die spelpatroon heeltemal verander.

Die bal is wyd versprei deur die tuisspan se agterlyn en het ook tot hul eerste drie deur Deon Samuels aanleiding gegee.

Kort daarna het Danwill Apollis die voorsprong met nog ‘n drie gerek.
Enkele minute voor die einde van die wedstryd, het Windmeul twee keer agter die doellyn gaan draai om die oorwinning te verseker.
Windmeul II en III het hul wedstryde onderskeidelik 14-2 en 21-15 gewen.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za