Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions bo in taai stryd

Albions bo in taai stryd
 
2007-07-19


DIE eerste span van Albions Rugbyklub het verlede Saterdag in ‘n taai kragmeting teen Belhar met 19-14 geseëvier.

Nadat Belhar hul telling met ‘n verdoelde drie geopen het, het Albions se Dominic Daniëls sy span in die wedstryd gehou deur drie strafskoppe tussen die pale deur te jaag.

Die vaste vyf het hul beste vertoning tot dusver hierdie seisoen gelewer en het hul opponente behoorlik ore aangesit.

Kort na rustyd het Daniëls met nóg ‘n strafskop geslaag, maar Albions het vir ‘n oomblik gaan slaplê wat toegelaat het dat Belhar weer agter hul doellyn gaan kuier het.

Albions het egter nie die saak daar gelaat nie en het goed saamgewerk om Alrich Erasmus vir die wendrie oor te stuur. Ashley Manuels is aangewys as die speler van die wedstryd.

Albions II het hul kragmeting 13-8 verloor en Albions III het 21-14 gewen.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za