Paarl Rugby pale toe
2007-07-19
Met die nodige veranderings in die span het Paarl gewys dat hulle die res van die seisoen nie buite rekening gelaat kan word nie. Paarl se voorspelers het hulle goed van hulle taak gekwyt en die swaarder, beweegliker pak het die besoekers in alle opsigte verras.
Die nuwelinge onder die voorspelers (Jacques la Cock, Ballie van der Merwe en Hotti Louw) was ’n inspuiting wat almal verras het.
Dryfspel en goeie balhantering was die aanloop tot puik spel. Agterlangs kan Paarl nog verbeter. Alhoewel die verdediging goed was, ontbreek spoed en vinnnige balhantering.
Vir Paarl het Hotti Louw (2), Marco Martin (1), en Clive Samuel (1) drieë gedruk. Samuel het ook met vier (4) doelskoppe en een (1) strafskop geslaag.
Jacques la Cock was aangewys as speler van die wedstryd. Ander uitslae: Paarl 2 vs Hamlets 19-9 en Paarl 3 vs Belhar 15-8.
More
News
|