Mej Boland 2007 gesoek
2007-07-19
DIE kroning van Mej Boland 2007 vind op 22 Augustus plaas in die Paarlse stadsaal.
Daar sal ’n senior en junior Mej Boland gekies word.
Jong vroue tussen die ouderdom van 16 en 24 kan nog inskryf vir die senior afdeling en meisies tussen sewe en tien jaar oud kan inskryf vir die junior afdeling.
Die kaartjies vir die gala-aand is R120 (iets te ete ingesluit).
Die fondse is ten bate van die Paarlse Stimulasiesentrum vir gestremde kinders en die ATKV.
Vir meer besonderhede, skakel Isidora Bosch by 078-353-1590.
More
News
|