Skrywers gesels oor hul boeke
2007-07-19
CAREL VAN DER MERWE, die Stellenbosse skrywer wat onlangs met die roman “Nasleep” gedebuteer het, sal Saterdag met sy uitgewer, Frederik de Jager, oor dié boek van hom gesels. die boek is ook in Engels beskikbaar as “No man’s land”.
Die bekende literator en literêre historikus, John Kannemeyer, sal Saterdag 28 Julie gesels oor sy versamelde rubrieke en essays wat pas met die titel “Uit puur verstrooing” verskyn het. Lucas Malan, bekende digter en vriend van die skrywer, sal die gesprek lei.
Beide hierdie praatjies sal plaasvind om 11:00 in Protea Boekwinkel op Stellenbosch.
Vir meer besonderhede 021-882-9100 of besoek die webblad by www.proteaboekhuis.co.za.
More
News
|