Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motorbestuurder moet haar skaam

Motorbestuurder moet haar skaam
 
2007-07-19


MY seun was die oggend van 12 Junie om twee-uur die oggend vanaf Paarl na Wellington oppad huis toe van ‘n vriend se huis waar hulle besig is om ‘n rekenaar te bou.

Hy het op sy 900 Fireblade motorfiets in Hoofstraat afgery gekom en sy vriend het agter hom gery (in sy motor).

Toe hy by die verkeerslig in Noorder-Paarl by Langstraat kom, ry hy oor, aangesien die robot vir hom groen was. Gelukkig ry hy nie vinnig nie, want toe het ‘n wit Honda Civic vanaf Bo-Langstraat uitgejaag gekom, bo-oor die rooi lig en my seun moes uitswaai om te verhoed dat sy nie in hom vasry nie. Hy het toe beheer verloor en geval.

Sy vriend het agter hom gestop om te kyk of hy beseer is, toe hy merk dat die motoris stop, maar die oomblik toe sy sien my seun staan op, ry sy weg.Hy sit nou met ‘n paar duisend rand se skade asook doktersonkostes aangesien hy ook beserings in die proses opgedoen het.

Wie jy ookal is, ek hoop nie so iets gebeur ooit met jou of jou familie nie. As my seun dood was sou jy nog jou rug gedraai het? Net mense wat skuldig is ry weg.

Jy sit seker in spanning en wag om te sien wat in die koerant gaan verskyn, maar oppas, Paarl is nie so groot nie. Dalk klop die polisie aan jou deur.

Dit bewys motoriste kan nog erger onverskillig wees as motorfietsryers.

Lizette Frylinck



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za