Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waar kry jy daardie hoed?

Waar kry jy daardie hoed?
 
2007-07-19


FAMSA Drakenstein bied ’n Vrouedag “High Tea” aan op Donderdag 26 Julie van 09:00 tot 13:00 by La Provence op Wellington waar elkeen ’n hoed moet dra.

Die spreker is Riana Scheepers en die tema is “Waar kry jy tog daardie hoed?”

’n Heerlike oggend gelaai met nuwe motivering, geestelike krag en nuwe perspektiewe vir vrouwees 2007 asook ’n modeparade, interessante uitstallings en gelukkige trekkings kan te wagte wees.

Al wat nou oorbly is dat die vrouens van Drakenstein sal opdaag en op hul hoede sal wees, want miskien is jy die een wat daardie dag wegstap huis toe met ’n veertjie in die hoed.

Groot pryse vir kreatiwiteit en vroulikheid is op die spel. Die koste is R80.

Besprekings kan gedoen word by Living Space Property Associates, Hoofstraat 264, Paarl, 021-872-5500 of Continental China Breekware, Hoofstraat 36, Wellington, 021-873-0108.

Hoede is beskikbaar by Jandri Bruwer. Sy kan geskakel word by 082-871-1268.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za