Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Veritas-stryd begin

Veritas-stryd begin
 
2007-07-19


WYNMAKERS het tot Woensdag 22 Augustus kans om hul keurwyne vir die 2007 Veritas Toekennings in te skryf.

Al die wyne word deur uitgelese panele bestaande uit plaaslike en internasionale wynkenners beoordeel wat op konsensus basis sal besluit watter wyne Veritas-faam toekom.

Dié beoordeling vind van 17 tot 21 September by die veilingskompleks op Nederburg plaas.

Slegs wyne uit die boonste rakke word met die gesogte dubbelgoud toekenning bekroon – 3% van verlede jaar se inskrywings kon met dié status spog. “Veritas is vanuit ‘n verbruikersoogpunt die grootste en bekendste wynkompetisie in Suid-Afrika.

‘n Dubbelgoud toekenning gee ‘n buitengewone hupstoot aan wynverkope. Dit het ook ‘n geweldige positiewe impak op die beeld van die handelsmerk,” sê Duncan Savage, Veritas presteerder en wynmaker by Cape Point Vineyards.

Die Veritas Toekennings is die grootste onafhanklike wynkompetisie vir markklaar wyn in Suid-Afrika en word vir die afgelope 16 jaar deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANW) aangebied ter bevordering van die wynbedryf.

Die uitslae word op 13 Oktober 2007 tydens ‘n galadinee in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) bekendgemaak.

Wynliefhebbers kan na afloop van die kompetisie uitkyk vir die kenmerkende Veritas embleem wat op wenwyne sal pronk en as gesaghebbende gehalteriglyn dien.

Kontak Elsabé Ferreira by SANW, tel 021- 807-3104, faks 021-863-s2079, per e-pos ferreira@vinpro.co.za of besoek die Veritas-webtuiste by www.veritas.co.za vir inligting.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za