Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuier lekker in die kombuistuin

Kuier lekker in die kombuistuin
 
2007-07-19


DIE gebruik van kruie en blomme in geregte vir die tafel word Vrydag 17 Augustus in Kikka, die bekende kuier-restaurant in die Paarl, gedemonstreer.

Die oggend word deur die Paarl Tuinbouvereniging gereël.

Eienaar Abe Conradie, een van die omgewing se hoog aangeskrewe chefs, sal demonstreer hoe geregte met die gebruik van kruie en blomme opgekikker word.

Blomkunstenaar Tanya Marais gaan rangskikkings en geskenke met blomme en kruie uit die tuin demonstreer.

Kaartjies teen R120 (R135 nie-lede) sluit benewens die demonstrasies, ook glühwein in by aankoms om 09:30 vir 10:00, en ’n drie-gang ete.

Slegs ’n beperkte aantal kaartjies is vir die tuinboufunksie beskikbaar. Die afsnydatum vir bespreking is Maandag 13 Augustus.

Bespreek by Martha Roux (021-863-1479) of Trucia O’Grady by 021-872-8101 en 082-393-1840.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za