Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrouewynmakers skitter

Vrouewynmakers skitter
 
2007-07-19


DIE helfte van vanjaar se finaliste vir die Vrouewynmaker van die Jaar-kompetisie kom van die Paarl wynarea.

Die drie Paarl finaliste onder die ses is Susan Wessels van Vrede en Lust met haar Viognier 2007, Alicia Rechner van die Backsberg Landgoed vir haar John Martin Sauvignon Blanc 2007 en Tania Joubert van KWV vir haar Cathedral Cellar Chardonnay 2005.

Die kompetisie, nou in sy vierde jaar, het hierdie jaar 52 inskrywings van vrouewynmakers regoor die land gelok
.
“Ek is geweldig bly oor die groei van die kompetisie, die getal van 52 inskrywings vanjaar wys dat die titel van Suid-Afrika se Vrouewynmaker van die jaar toenemend belangrik is vir ons vrouewynmakers,” sę Lorraine Immelman-Steyn, organiseerder van die kompetisie.

Volgens haar bewys dit dat meer en meer vroue tot die wynbedryf toetree en besig is om hul merk te maak in hierdie area wat tradisioneel deur mans gedomineer word.

“Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in ander dele van die wynwęreld is daar ’n toename in vroue wat tot die wynbedryf toetree,” sę sy.
“Oor die węreld heers daar ’n groter bewustheid van vrouewynmakers, ook deur middel van soortgelyke kompetisies soos hierdie een.”

Die ander drie finaliste vir vanjaar se kompetisie sluit in Rianie Strydom, van Haskell Vineyards in Stellenbosch met haar rooiwynversnit Samara 2005, Elzette du Preez, van De Grendel met haar Winifred 2006 en Ruth-Frances Penfold van Steenberg Vineyards in Constantia met haar Semillon 2007.

Norma Ratcliffe, president van die beoordelaarspaneel en een van Suid-Afrika se eerste vrouewynmakers, sę dat vanjaar se kompetisie gedomineer word deur die hoë kwaliteit van witwyne wat ingeskryf is.

Sy reken dat “die innoverende gebruik van druifkultivars, veral minder hoofstroomdruifsoorte soos Viognier en Semillon, die eksperimentering met houtveroudering en veral versnydingstegnieke by witwyn wys dat hierdie vrouewynmakers aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse wynbedryf staan.”

Die wenner sal ook beoordeel word op algehele persoonlikheid, uitkyk op die wynbedryf en loopbaandoelstellings.

Die paneel bestaan verder uit Eleanor Wessels (verlede jaar se wenner en wynmaker by Winecorp), Jo-Anne Mettler (skakelbeampte by LÓrmarins), Caroline Rillema (van Caroline’s Fine Wines) en Marilyn Cooper (hoof van die Kaapse Wynakademie).

Lorraine Immelman-Steyn meen dat die kompetisie ook as motivering vir vroue in die algemeen dien. Die wenner word op 26 Julie aangewys.

Vanjaar se wenner stap weg met ‘n reis na die wynmaak-area van Bordeaux in Frankryk ter waarde van R30 000.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za