Bewaring bekyk
2005-06-02
DIE Wellington Rapportryers en Vriende van die Wellington Museum hou Maandagaand 13 Junie om 19:00 ‘n byeenkoms oor die bewaring van plaaslike erfenisse by die Wellington Museum, met Hannetjie du Preez (hoofdirekteur van Kultuursake in die Wes-Kaap) as spreker.
Belangstellendes word vriendelik uitgenooi om die aand by te woon en agterna verversings te geniet en gesellig saam te verkeer met ‘n glasie wyn. Die spreker sal wenke gee oor hoe om plaaslik betrokke te raak by die opteken van erfenisse.
Bespreek by Ansie van Vuuren, kurator van die Museum (873-4710), of Charl Tomlinson, sekretaris van die Wellington Rapportryers (873-2759), teen Vrydag.
More
News
|