Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dramagroep herrys

Dramagroep herrys
 
2007-07-19


DIE volwasse dramagroep, Theatre Hour, het na ‘n stilswye van ongeveer drie jaar besluit om weer spelers bymekaar te kry om in die gemeenskap op te tree.

Theatre Hour het verskeie toekennings ontvang vir uitmuntende spel, produksie en regie op verskeie dramafeeste.

Hulle het onder andere die produksies Kinkel innie Kabel, RAKA, Die Gas, Fase Twee, Poppie Nongena, Eendag is daar, Die Revue (‘n huldeblyk aan Johannes Kerkorrel) opgevoer onder regie van dramatug Ernest Loth.

Hy was ook verantwoordelik vir die skryf en regie van die plaaslike radiodramas, Sommernet en Ompad na Ulundi. Spelers was ook gebruik as stemkunstenaars in advertensies en dokumentęre programme.

Die groep gaan nie slegs in verhoogproduksies spesialiseer nie, maar beplan ook kort film en dokumentęre programme vir TV en radio.
Mense tussen 21 en 45 wat ‘n passie het vir drama en ook bereid is om agter die skerms te werk, kan Ernest Loth by 084-284-8437 skakel vir meer besonderhede.

Daar word afgeskop met ‘n intensiewe dramawerkswinkel om die basis van spraak en beweging op die verhoog en film, vas te lę voor ‘n nuwe produksie.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za