Inbraak laat kinders koud en honger
2007-07-26
VERLEDE Donderdag is daar vir die vyfde keer vanjaar by die Lollypop Educare Centre in Vanwyksvlei, Wellington, ingebreek. Al die potte, kombuisware, verwarmers, kos, van die stoele, die vrieskas, komberse en speelgoed is gesteel.
Toe die kinders Vrydag by die Sentrum opdaag was daar dus nie kos nie.
Die personeel wil graag vir inspekteur Pietie Novella en sersant Berenice Wagner van Wellington SAPD bedank vir hul donasie van suiker, pap, borde, bekers en potte sodat die kinders darem iets te ete kon kry.
Die gebou behoort aan die Drakenstein Munisipaliteit en ten spyte van verskeie vertoë om die gebou op te gradeer en te beveilig, is daar tot dusver niks gedoen nie en die inbrake duur voort.
Die speelterrein is ook baie nat in die winter met waterpoele en dus moet die kleuters heeldag binne gehou word. Die sentrum huisves en versorg daagliks sowat 130 kinders tussen die ouderdomme 18 maande tot 6 jaar.
More
News
|