Plaas-hofsaak moet wag
2007-07-26
DIE opspraakwekkende hofsaak waar verskeie partye van aanranding aangekla word, is voorlopig van die rol geskrap hangend ’n beslissing van die Direkteur van Openbare Vervolging.
Die voorval spruit uit ’n plaasaanval in April vanjaar, toe ’n oproerige skare op die plaas Le Fût in Klein Drakenstein toegesak het in protes teen die wettige afsetting van ’n plaaswerker en sy gesin.
Tussen die ongeveer 50 oproeriges was ANC-raadslede Dan Kotze en Frans Koopman, asook Bawsi-president Nosey Pieterse.
Tydens die voorval is die plaaseienaar, Trevor Ernstzen, so erg geskop en geslaan in die gesig dat hy breinskade opgedoen het. Sy vrou Joan is ook beseer. Koopman het na bewering ’n beenbesering opgedoen en ’n klip is deur Kotze se agterruit geslinger.
Die Ernstzens het klagtes van ernstige aanranding teen Kotze en Pieterse gelê, terwyl Kotze op sy beurt ook ’n klag van aanranding teen hulle gelê het.
Tydens Dinsdag se hofverrigtinge het al die klaers se prokureurs saamgestem dat die saak na die Direkteur van Openbare Vervolging verwys moet word vir ’n beslissing oor vervolging.
* Thecourt case involving various parties after a farm attack has been postponed pending a decision by the Director of Public Prosecution.
More
News
|