Boekpraatjies
2007-07-26
SATERDAG om 11:00 sal John Kannemeyer, die bekende literator en literêre historikus, gesels oor sy versamelde rubrieke en essays “Uit puur verstrooiing” wat onlangs verskyn het. Lucas Malan, bekende digter en vriend van die skrywer, sal die gesprek lei.
Op Vrydag 3 Augustus om 19:00 is dit die amptelike bekendstelling van George Claassen se boek “Geloof, bygeloof en ander wensdenkery - Perspektiewe op ontdekkings en irrasionaliteite”.
Die skrywer sal in gesprek wees met Jurie van den Heever. Aangesien verversings by dié geleentheid bedien sal word, moet bywoning voor Woensdag 1 Augustus bevestig word by 021-882-9100.
Op Saterdag, 4 Augustus om 11:00 sal dr Piet Oosthuizen gesels oor sy boek “Ontsnap van depressie” met Mari Hudson, skryfster van “Die plusminus eetplan”. Vir navrae, 021-882-9100.
More
News
|