Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diewe teiken kinders vir fone

Diewe teiken kinders vir fone
 
2007-07-26


JEUGDIGES in veral Noorder-Paarl word tans deur rowers geteiken vir hul selfone en beursies.

Verlede Vrydag is ’n veertienjarige leerder van Hoërskool Gimnasium met ’n mes gedreig en van sy selfoon beroof onderweg na sy huis toe.

Twee jong mans het hom op die hoek van Hoof- en Bassonstraat oorweldig en hom van sy selfoon beroof, waarna hulle weggehardloop het.

Donderdagoggend het twee vermeende rowers egter hul rieme styf geloop toe hulle vir Edgar Larke (16) in St Francislaan daar naby met ’n skroewedraaier gedreig en sy selfoon gesteel het.

Larke het dadelik vir sy pa, Robert Larke van die Noorder-Paarl Buurtwag, hiervan in kennis gestel en ’n intensiewe soektog in die gebied is geloods deur lede van die Buurtwag.

Twee verdagtes is vinnig in hegtenis geneem en Edgar se selfoon is in hul besit gevind, asook die skroewedraaier. Die simkaart is egter weggegooi.

Gareth Fortuin (20) en McGyver Martin (20) is in hegtenis geneem in verband met die voorval. Die moontlikheid word ondersoek dat hulle by ander rooftogte betrokke was.

Larke het kinders in die gebied gemaan om indien hulle aangeval word, onmiddellik by enige huis in te hardloop om hulp te ontbied.

Die Buurtwag reaksie-eenheid se nommer is 082-813-6980.

* Children are being targeted by robbers for their cellphones and wallets.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za