Inspirerende Wellingtoners
2007-07-26
WATTER Wellingtonner se bydrae aan die gemeenskap het jou oor die jare heen so beďndruk dat jy glo hy of sy daarvoor vereer moet word?
So vra die Wellington Rapportryerskorps, wat tans nominasies inwag vir voorstelle vir die jaarlikse Wellingtonner van die Jaar plegtigheid.
Nominasies moet ‘n volledige motivering bevat, veral wat betref die kandidaat se diens aan en betrokkenheid by die gemeenskap van Wellington.
Stuur dit so gou moontlik, maar nie later as 31 Augustus nie aan “Die Sekretaris” by Posbus 173, of Albatrosstraat 5, Wellington.
Die dinee waartydens die toekenning oorhandig sal word, vind op Woensdag 19 September by Hugenote Hoërskool plaas.
Vanjaar se spreker is Kallie Kriel van Afriforum. AfriForum is ‘n onafhanklike burgerregte-inisiatief wat deur die vakbond Solidariteit gestig is.
Kaartjies teen R120 per persoon is te koop by Kodak Express, in Kerkstraat, Wellington, of by enige Rapportryer.
More
News
|