Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Komitee wil dorp vergroen

Komitee wil dorp vergroen
 
2007-07-26


DIE Wellingtonse Verfraaiingskomitee se missie is om Wellington ‘n goedversorgde, boomryke en aantreklike dorp te maak vir al sy inwoners.

Een van hulle projekte is die jaarlikse boomplantgeleentheid wat saamval met die Nasionale Boomplantweek in September.

Alle organisasies, instansies, skole en ander belangstellendes word genooi na die geleentheid waar almal welkom is om ook ‘n boom te plant.

Vanjaar het die eienaarsvereniging van die Nywerheidspark begin om ‘n groot aantal bome in die nywerheidspark aan te plant.

Die komitee gaan dan ook vanjaar die boomplantgeleentheid op 6 September hiermee koordineer deur bome aan te plant by die ingang na die park.

Die Vereniging het reeds sedert 2001 jaarliks bome aangeplant in Champagnestraat, Stokeryweg, Fonteinstraat by die rugbystadion, die DBV-terrein, in Kerkstraat voor Lux VerbiBM asook by die uitgang van Kerkstraat na Bainkloof.

Daar is ook nog ander aktiwiteite aan die gang: Gaan kyk na Joubertpark oorkant die Stadsaal om te sien hoe mooi die historiese park herstel is met die hulp van die parke-afdeling.

En hou gerus vir Victoriapark dop om te sien watter verbeterings daar gaan kom met die hulp van plaaslike kwekeryek.

Vir die St George’s Plein voor die biblioteek is daar ook groot planne.
Die komitee verneem graag van belangstellendes wat voorstelle het in verband met die dorp se verfraaiing.

Kontak voorsitter Eugenie Wiggins by 083-308-8492 of ewiggins@citrona.co.za, of sekretaris Charl Tomlinson by 021-873 2759, 082 5926807 of charltom@mweb.co.za.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za