Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier weer op dreef

Bergrivier weer op dreef
 
2005-03-09


NADAT hulle kwaai gesukkel het in die eerste ronde, is die eerste span van Bergrivier Krieketklub weer goed op dreef.

Saterdag moes Victoriane dit ontgeld toe Bergrivier op Weltevrede hulle met sewe paaltjies geklop het.

Victoriane het 208/7 aangeteken met H Ingwersen (63) en Z Desai (48) aan die spits.

Lincoln Dampies (2/22 in 7bb) en Waylin Libbie (2/37 in 14bb) was Bergrivier se beste boulers.

Die tuisspan se aanvangspaar, Adil Cassiem (70) en Morné de Vries (56), het ’n stewige fondament gelę met ’n vennootskap van 136 lopies.

Fabien Arendse (39nun) en Marquin Julies (24nun) het ook goed gekolf en die wedstryd is in 43 beurte beklink.

S Phillips (3/44) is die enigste bouler wat vir die studente sukses behaal het.

Bergrivier II het Sondag ook op Weltevrede vir Pniel Coronation (132) met agt paaltjies geklop.

Darren Isaacs (3/14 in 10bb en 45) en Heinie Albertus (53nun) was Bergrivier se uitblinkers.

Saterdag speel Bergrivier I in hul derby-wedstryd teen Wellington Krieketklub op die Pen Basson-velde.

Die wenner hier sal die voortou neem in die Boland Premier Skildliga. Die tweede span speel tuis teen Maties.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za