Laaste kans vir expo
2007-07-26
DIE tyd raak nou min vir leerders om te skaaf aan hul inskrywings vir die streekkompetisie van die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes op Stellenbosch. Inskrywings sluit op Woensdag 1 Augustus.
Vanjaar se streekkompetisie vind op 23 en 24 Augustus op Stellenbosch in die Langenhoven Studentesentrum (Neelsie) op die kampus van die Universiteit Stellenbosch plaas.
Medaljes, asook spesiale kontantpryse wat deur maatskappye en die Universiteit van Stellenbosch geborg word, word by die streekkompetisie oorhandig. Projekte wat kwalifiseer, dring daarna deur na die nasionale kompetisie, wat jaarliks in Pretoria gehou word.
Van die deelnemers uit die streek het verlede jaar besonder goed op nasionale vlak gedoen, en het daarna ook op internasionale vlak in onder meer die VSA en Durban aan internasionale wetenskapstentoonstellings deelgeneem.
Vir meer inligting oor expo en inskrywings, kontak Erika Hoffman by 021-808-3482 of ehoff@sun.ac.za. Besoek ook www.imstus.sun.ac.za/EXPO.
More
News
|