Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gevry na vroue

Gevry na vroue
 
2007-07-26


OP 8 Augustus om agtuur gaan Gert Bekker ‘n program lewer opgedra aan vroue.

Hy gaan van sy eie musiek asook verwerkings van Jacques Brel, Stef Bos, Koos du Plessis, Anton Goosen en Ingrid Jonker insluit.

Gert Bekker bly in Cullinan, is ‘n romantikus, mal oor vroue en realisties oor verhoudinge.

Sy Raad aan die manne is: “Vry jou vrou of meisie elke keer of dit die eerste en die laaste keer is.”

Sjoe! Net die tipe advies vir ‘n koue Paarlse aand.

Op die vraag oor wat hom inspireer, het hy die volgende te sę: “Baie verskillende dinge inspireer my om te skryf en komponeer, maar een ding wat hulle almal in gemeen het, is emosie.

“Sodra iets my emosies roer kan ek daaroor skryf of 'n melodie daaraan gee. Ek is baie lief vir mense en het baie empatie met mense wat seerkry, swaarkry, vreugde ervaar en natuurlik raak die liefde my baie sterk!

"Ook my vrou en kinders – hulle is my kleinnode.”

Kom smul aan Gert Bekker se musiek, lekker sop en bruschetta en dit alles terwyl die vuur in die herd bulder.

Besprekings en aanwysings van Trudy 082 896 9863.

Waterpoel is op die Agter-Paalpad verby Rhebokskloof (net 50 sitplekke).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za