Dis amper weer Derbytyd
2007-07-26
DIS binnekort weer Derbytyd tussen Klein Nederburg Sekondêr en New Orleans.
Verrigtinge begin Sondag met ’n kerkdiens om 10:00 te Zionskerk VGK en alle oud-leerders en die ouergemeenskap van die twee skole word versoek om die diens by te woon.
Donderdag 2 Augustus om 18:00 vind die leerdersfunksie vir alle betrokke sportkodes in die Gemeenskapsaal plaas. Bekendes uit die sportwêreld en die borge sal daar wees.
’n Big Brag vir oud-studente vind Vrydag 3 Augustus om 19:00 tot laat vind plaas in die Annunciationsaal. Toegang (R40) sluit ’n ete en dans in. Kaartjies is beskikbaar by die skool. Bel Freddie Uren by die skool by 021-862-2720 of 082-297-7188.
Maandag 6 Augustus vind die hokkiewedstryde plaas op die Parys B-veld en sokker op die Boy Louw B-veld.
Dinsdag 7 Augustus vind basketbal, tafeltennis, skaak en die veerpyltjiewedstryde by Klein Nederburg-skool plaas.
Op Woensdag 8 Augustus by die Daljosafat Stadion, word die oud-studente wedstryde vanaf 14:00 gespeel.
Laerskole en o.19A rugbyspanne van ander skole neem ook deel as deel van die feesdagvieringe van KN se 30ste bestaansjaar.
’n Dogtersrugbywedstryd sowel as ’n oud-studente-netbalwedstryd gaan ook gespeel word. Die hoofaantrekkingskrag is die oud-studente A en B rugbyspanne vanaf 18:00. Dié oud-studentedag word afgesluit met ’n disko in die Paarl Krieketklubhuis die aand.
Saterdag 11 Augustus vind die belangrike rugbykragmetings by die Faurestraat-velde plaas. Die hoofwedstryd is 16:00.
Die onderwysersfunksie is in die Hoër Jongenskool-klubhuis die aand vanaf 19:00.
More
News
|