Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


HMS verkeersreëlings vir Interskole

HMS verkeersreëlings vir Interskole
 
2007-07-26


VERKEERSPROBLEME by Hoër Meisieskool bereik gewoonlik ’n piek met Interskole, en daarom sal verkeer in Zeederberg- en Hoogstraat van Dinsdag tot Vrydag volgende week eenrigting word, met behulp van die Drakenstein Verkeersdepartement.

Verkeersbeampte sal op spitstye aan diens wees aan die onderpunt van Zeederbergstraat, aan beide kante van Hoogstraat en waar Zionstraat aansluit by die Hoofstraat.

Slegs die inwoners van L’Ideal en eregaste gebruik dus die gedeelte van Zeederbergstraat tussen Hoogstraat en die skool. Alle ander voertuie moet in Hoogstraat regs draai.

Parkering op die skoolterrein en in Hoogstraat is gereserveer vir voertuie met ’n parkeerkaartjie. Ouers en besoekers word dus versoek om ander parkeerareas, soos die van die Strooidakkerk, te gebruik en na die skoolterrein te stap.

Parkeerplek aan die skoolkant van Hoogstraat is gereserveer vir die personeel van HMS. Geen motors mag aan die huise se kant parkeer nie. Niemand sal dus in Hoogstraat kan stilhou om ’n kind op te laai nie.

Die skool het versoek dat hoërskoolleerlinge ná die skooldag ontmoet word op die parkeerarea agter La Romantica of langs die Strooidakkerk of by Zeederbergplein.

Vanaf 11:30 word die toegang van motors by die agterste hek na HMS beperk tot dié met ’n parkeerkaartjie.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za