Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vlieg soos 'n valk

Vlieg soos 'n valk
 
2007-07-26


IN die stil lug van Bo-Groenvlei buite Wellington kan die gedreun van modelvliegtuie dikwels gehoor word soos wat hulle egalig soos arende deur die lug sweef.

En onder op die grond, agter die stuur van sy elektroniese-afstandbeheertoestel, is die sewentienjarige Petro van der Westhuizen.

Petro staan tans tweede in die land as modelvliegtuig-kunsvlieg-kampioen.

Hy vertel dat die vlieg-gogga hom vier jaar gelede gebyt het toe hy ’n modelvliegtuig as Kersgeskenk van sy ouers ontvang het.

Van daardie dag af is hy totaal en al verslaaf aan dié sport.

Vandag pronk hy met byna twintig modelvliegtuie en elkeen is vir hom besonders.

“Hierdie sport gaan nie net oor vlieg nie, maar dit begin by die konstruksie van die vliegtuig wat tussen ’n week en ses maande kan duur, afhangend van die model.

“Jy leer ook baie oor lugvaart in die geheel, soos die tegniese aspekte van vlieg en enjins.”

Petro het van die staanspoor af by die Tygerberg modelvliegklub aangesluit want hierdie sport, meen hy, is baie mededingend.

“Nie net is dit lekker om teen ander vlieëniers te vlieg nie, maar almal help mekaar en gee ook raad.”

In 2006 het Petro eerste plek behaal in die Westelike Provinsie kampioenskappe en vierde plek in die Nasionale Kampioenskappe wat in Klerksdorp gehou is.

Vanjaar, by die Nasionale Kampioenskappe wat by die Tygerberg klub plaasgevind het, kon slegs Sonja Heroldt se seun, Timothy Hammann, daarin slaag om meer punte te behaal in kunsvlieg as Petro.

“Kunsvlieg verg uiterse konsentrasie en bekwaamheid. Dit is oefen, oefen en nog oefen.

“Diegene wat in hierdie sport belang stel moet besef dat hierdie vliegtuie nie speelgoed is nie en alhoewel ek nog nooit beseer is nie, weet ek van talle mense wie se vingers in die skroef beland het.

“Dit is ook nie ’n goedkoop sport nie en as jy nie weet wat jy doen nie sal die vliegtuie bots en dan is dit totaal en al vernietig.

“Ek sal eendag baie graag regte vliegtuie wil leer vlieg en ek dink dat hierdie sport vir my ’n goeie grondslag hiervoor sal gee.”

Tot dan toe is Petro vasberade om te volhard en eendag die SA kunsvliegkampioen te word.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za