Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drama in Paarlse stadsaal

Drama in Paarlse stadsaal
 
2005-06-02


HOEWEL die mishandeling van oumense ‘n alledaagse gebeurtenis in baie van ons gemeenskappe geword het, vee ons dit maar onder die mat.

Chris Majiedt het besluit om die mat op te lig en die euwel daaronder te ontbloot deur middel van die toneelstuk “Dis alweer die bure” wat op 10 en 11 Junie in die Paarlse stadsaal op die planke is (20:00).

Daarin word naarstigtelik na ‘n oplossing gesoek vir die probleem van die hulpelose mnr Moolman.

Sonder om die aap uit die mou te laat, kan gesę word at die humor in die stuk genotvolle vermaak uit die boonste rakke verseker.

Die akteurs, almal van Mitchellsplein, is Shalom Goldstone as mnr Moolman, Queenie Manuel as mev Bok, Caitlin Simmers as Wilmien en Chris Majiedt as Dan.

Kaartjies by die deur. Navrae by Majiedt, 082-511-9096.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za