Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moeg van insleepprobleme

Moeg van insleepprobleme
 
2007-07-26


EK het twee groot werkswinkels - ’n meganiese- en ’n paneelklopwinkel - in Franschhoek. Die toerusting wat ek moes aankoop is honderde duisende rande werd.

Ek het ook onlangs ’n splinternuwe insleepvoertuig gekoop wat nou soos ’n witolifant staan.

Die rede hiervoor is dat eers het sekere polisielede op Franschhoek daarop aandring dat ek vir hulle R500 moet betaal vir inligting oor voertuie wat ingesleep moet word.

Nou het hulle hierdie bedrag verhoog tot R1000.

Dit is mos omkopery om op geld aan te dring vir inligting oor ongelukstonele.

Nou weier hulle om enige insleepwerk vir my te gee, want ek is nie bereid om hierdie bedrae te betaal nie.

Hulle laat egter insleepdienste vanuit die Paarl kom om wrakke weg te sleep, want hulle is bereid om hierdie gelde te betaal.

Ek het al met die stasiebevelvoerder hieroor gepraat en ek kry geen antwoorde nie.

Ek kan nou net so wel my besigheid sluit as gevolg van min werk.

Ek sal dan jammer wees vir die inwoners van Franschhoek, aangesien hulle vir my oorspronklik genader het om ’n besigheid hier oop te maak, want daar word te lank gewag vir voertuie om in die Paarl herstel te word.

John du Toit

Die stasiebevelvoerder van Franschhoek reageer: As iemand in ’n ongeluk betrokke is, het hulle die keuse van hul insleepdiens. Die polisie meng glad nie hierby in nie. Ons het ’n kontrak gesluit met ’n insleepdiens vir ons voertuie.

Ek dra geen kennis van die bogenoemde klagtes nie. As die klaer bewyse het van enige korrupsie, is hy welkom om ’n klag by die polisie te lê.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za