Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom word hier so water gemors?

Hoekom word hier so water gemors?
 
2007-07-26


BY Huis Bruwer, Boland Kollege se hostel vir studente in Hospitaalstraat in die Paarl, spuit die water elke oggend vir omtrent ’n uur, maak nie saak of dit nou reën of mooiweer is nie.

Dis seker onvanpas nou gedurende die swaar reëndae. Het die spreiers nie ’n komperstelsel nie? Let niemand ook op dat water gemors word nie?

Dis belaglik dat gedurende somermaande water juis nie gespuit mag word nie, maar noudat dit reën word soveel water gespuit.

Waar is die opsigter?

Lyk my deesdae maak almal soos hulle wil of is dit nou maar deel van die nuwe Suid- Afrika?

Om nie eens te praat van Huis Bruwer se lawaai en harde musiek tot die vroeë oggend-ure nie.

Keelvol

’n WOORDVOERDER van Boland Kollege reageer: Die besproeiingstelsel is etlike maande gelede installeer, slegs aan die een kant van die koshuis.

Omdat die nuwe tuine wat aangelê is gedeeltelik onder digte bome is, moet daar ongelukkig periodiek ook in die winter water gespuit word om die plante eers kans te gee om sterk te groei.

Die gerekenariseerde besproeiingstelsel word deur hierdie kontrakteur beheer, wat op ’n gereelde basis daaraan aandag gee. Ons hoop dat ons bure ook uiteindelik genot sal kan put uit die nuwe tuine.

Wat die beswaar oor die studente betref, bly Huis Bruwer ’n studentekoshuis vir die afgelope sowat 40 jaar, met studentegeraas, en ons vra om verskoning vir die ongerief wat dit aan die bure kan veroorsaak. Alle klagtes word onmiddellik opgevolg.

Huis Bruwer se studente het vir die eerste maal ’n eie braaiplek waar ’n koshuisfunksie eenmaal per kwartaal plaasvind.

As ons studente nie tuis voel op hulle koshuisterrein nie, dwing ons hulle juis na die kroeë en nagklubs en dit wil ons nie graag aanmoedig nie.

Ons sal dit waardeer indien klagtes onmiddellik aan die superintendent van die koshuis oorgedra word indien daar enigiets is wat pla.

Ons sal graag wil opvolg indien dit gepaard gaan met swak gedrag, omdat dit deel van ons opvoedingstaak is om toe te sien dat die studente ook leer om bedagsame bure te wees.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za