Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom is Munisipaliteit sonder foon?

Hoekom is Munisipaliteit sonder foon?
 
2007-07-26


DIE afgelope week was dit onmoontlik om enige munisipale amptenare op Wellington per landlyn te be-reik.

By navraag het ek verneem “daar is probleme met die telefoonsentrale.So het ’n uitvoerende sekretaresse in die “Vaalgebou" in die Paarl gesê.

’n Verdere oproep om 16:45 op Donderdag 19 Julie aan ’n senior amptenaar het die volgende opgelewer: “Ek het persoonlik vanoggend ’n tjek aan Telkom oorhandig om die telefoonverbinding na Wellington se munisipale dienste weer aan te skakel. Dis omdat ons aan die HOP gekoppel is, dat ons so sukkel."

Toe ek die amptenaar daarop wys dat ek om 16:42 probeer het om die biblioteek in Jan van Riebeeckstraat te skakel, sowel as die brandweer en munisipale kantoor op Wellington, was sy antwoord: “Dit sal beslis môreoggend (Vrydag) herstel wees".

Dis vir my as belastingbetaler totaal onaanvaarbaar dat die verantwoordelike amptenaar nagelaat het om die rekening vir Wellington te betaal.

Dit was blykbaar die tweede keer die afgelope drie maande dat dit gebeur het.

Voorts wil ek weet wat die verband tussen die HOP en die Munisipaliteit is?

Wat sou gebeur het indien daar op Wellington ’n brand uitgebreek het tussen Maandag en Donderdag? En as waterpype gebars het?

Sou die slagoffers die Munisipaliteit kon gedagvaar het? Of dalk die betrokke amptenaar wat versuim het om betyds die telefoonrekening te betaal?

En gaan hy steeds ’n prestasiebonus ontvang vir goeie diens?

H op Wellington

Die Munisipale Woordvoerder reageer: Die voormalige Wellingtonse Munisipaliteit het goedgunstiglik die aansluiting van telefoonlyne na die HOP- en Safmarine kantore met Telkom gereël.

Telkom het op een of ander stadium alle Wellington telefoonrekeninge (53 asook die twee ter sprake) aan mekaar gekoppel.

Dit het tot gevolg dat alle telefoonrekeninge wat op die Munisipaliteit se naam in Wellington is, gesny word selfs as slegs een rekening van die organisasies nie betaal is nie.

Reëlings is reeds getref dat daar ‘n ontkoppeling plaasvind tussen die rekeninge.

Dit Munisipaliteit het alle Telkomrekeninge (Wellington 53 en Paarl 121) betyds en ten volle betaal.

Ons hoop dat die ontkoppeling enige verdere ongerief vir die publiek sal bespaar.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za