Sport Dagboek
2007-07-26
RUGBY
* Proewe vir die Paarl Junior Rugby-unie Streekspan vind Saterdag by die Daljosafat-stadion plaas. Die wedstryde begin om 09:00 met o.14, 0.15, o.16 en o.18 spanne wat gaan deelneem. Die Paarl Junior Streekspan speel 18 Augustus teen Paarl Gimnasium. Navrae kan gerig word aan Freddie Neff by 076-303-9367. * Lower Paarl Rugbyklub bied môre ’n feestelike bal aan ter viering van hul 70ste bestaansjaar. Die geleentheid word by die Hugenote gemeenskapsaal aangebied en die funksie begin om 19:00. Kaartjies kos R75 en is beskikbaar by enige bestuurslid. Vir inligting, skakel Adam Petersen by 021-862-4015. * Spelers en ondersteuners van Young Gardens Rugbyklub word uitgenooi na ’n vergadering 6 Augustus by die Bethel kerksaal van 19:00 tot 20:00. Vir inligting rakende die voorgestelde agenda, skakel Crisbin by 082-713-5973, Warwick by 072-556-1075 of Randy by 073-354-9377.
KRIEKET
* Paarl Krieketklub bied 19 Augustus hul algemene jaarvergadering aan by die klubhuis om 14:30. Alle lede word versoek om die geleentheid by te woon. Oefeninge vind Maandae en Woensdae om 19:00 by Boland-park plaas. Die klub hou ’n biefstukverkoping teen R35 per bord Saterdag 4 Augustus by die klubhuis vanaf 15:00. Kaartjies is by bestuurslede.
ATLETIEK
* Dwarsrivier Atletiekklub bied Saterdag ’n wedloop aan as deel van Boland Atletiek se landloopprogram. Atlete spring weg by die Dwarsrivier sportkompleks in Pniel om 10:00. Dit is die finale proewe voor die provinsiale kampioenskap wat later vanjaar in Riebeeck-Wes aangebied sal word.
ALGEMEEN
* Oud-studente van New Orleans Sekondęr vergader Maandag om 19:30 by die skoolsaal in verband met die jaarlikse derby. Vir meer inligting, skakel die skool by 021-862-0900.
More
News
|