Liggaamsbouers presteer
2007-07-26
DIE Paarlse liggaamsbouer Douglas Green en sy seun Rishaam het gedurende die vakansie in Bloemfontein as deel van die Wes-Kaapspan aan die interprovinsiale liggaamsboukampioenskap deelgeneem. Douglas het in die weltergewig-afdeling (75-80kg) die eerste plek verower terwyl Rishaam ’n derde plek in die o.13 juniorafdeling gewen het.
Ander liggaamsbounuus is dat die Boland-span onlangs aan die SA Ontwikkelingstoernooi deelgeneem het.
Granville Engelbrecht, wenner van die Mr Paarl kompetisie vroeër dié jaar, het ’n eerste plek in die weltergewigafdeling behaal en is ook as die algehele wenner in die junior afdeling aangewys.
Deon Smedley het ewe goed gevaar en was die algehele wenner van die senior afdeling.
More
News
|