Windmeul klop Rangers
2007-07-26
DIE eerste span van Windmeul United Rugbyklub het die afgelope naweek kleingeld van Paarl Rangers gemaak tydens hul derby by die Daljosafat-stadion.
Windmeul het die meerderheid van die wedstryd gedomineer met drieë wat aangeteken is deur Willem Solomons, Danville Apollis en Henry Fredericks.
Die skopskoen van Jannie Williams het Windmeul se telling aan die loop gehou om die wedstryd uiteindelik 35-7 te wen.
* Windmeul II het hul wedstryd 10-3 verloor en Windmeul III het 11-11 gelykop gespeel.
More
News
|