Paarl-klub verbeur kanse
2007-07-26
DIE eerste rugbyspan van Paarl Klub het verlede Saterdag naelskraap teen Stellenbosch Coronations 24-27 verloor.
Die Paarliete het net hulself te blameer vir die kanse wat hulle verbeur het om 'n goeie oorwinning te behaal.
Verskeie mislukte strafskoppe en doelskoppe, asook onoordeelkundige besluite, het die Paarlse span duur te staan gekom.
Probleme in die lynstane en losskrums het veroorsaak dat die agterlyn min balbesit gekry het.
Jonathan Verhoog (2), Chris Hayman en Rayno van Wyk het elkeen drieë gedruk.
Van Wyk en Clive Samuel het elk ook met æn doelskop geslaag. Paarl II het 19-12 gewen en Paarl III het 21-12 gewen.
More
News
|