Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hugenote verslaan Charlie Hofmeyr

Hugenote verslaan Charlie Hofmeyr
 
2007-07-26


DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Hugenote het Charlie Hofmeyr Saterdag met hul sterte tussen die bene huis toe gejaag met ’n 19-8 tuisoorwinning.

Die Wellingtonners se verdediging tydens die eerste helfte was rotsvas.

Hulle het teen die aanbreek van rustyd reeds ’n 12-0 voorsprong bewerkstellig.

Die flank, Divan Swart, het twee drieë gedruk met die skrumskakel Frederick Muller wat ook sy teenstanders se doellyn besoek het.
Louw Heunis het twee doelskoppe deur die pale gejaag.

* Hoër Landbouskool Boland het Rondebosch Saterdag oortuigend met 21-8 in die Kaap geklop nadat hul teen rustyd 5-3 agter was.

Die Landbou-manne het aanvanklik gesukkel om ritme te kry, maar het heel duidelik ander planne vir die tweede helfte in gedagte gehad.

Die drieë is gedruk deur Louis de Jager (skrumskakel) en Deon Kotzé (vleuel). Gerhard Swart (losskakel) het met een doelskop en drie strafskoppe geslaag.

*Hoërskool Paarl Gimnasium het HTS Drostdy ’n goeie loesing toegedien deur die manne van Worcester 29-12 op hul tuisveld te klop.

Drostdy kon teen die aanbreek van rustyd geen krediet in hul rekening toon nie terwyl die Paarliete reeds 22 punte sterk was.

Gim het gedurende die tweede helfte hul greep effens verslap wat toegelaat het dat hul teenstanders twee drieë (een verdoel) kon aanteken.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za