Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boishaai verniel SACS

Boishaai verniel SACS
 
2007-07-26

Jacques Rossouw

DIE eerste rugbyspan van Hoër Jongenskool Paarl het Saterdag op hul tuisveld tydens ’n aanskoulike vloervee-sessie die Kaapse span SACS met 28-18 afgeransel.

Boishaai se vaste vyf het hul tande gewys en ’n oënskynlik groter SACS-agttal domineer terwyl die lostrio goed oor die voordeellyn beweeg het.

Die agterlyn het vanselfsprekend ook meer geleenthede gekry om die bal te versprei.

Lincoln Heugh en Johan Wilken, die twee vleuels, het elkeen agter die doellyn gaan kuier.

Die vlugvoetige skrumskakel Neville Adams, wat tot dusver ’n bestendige seisoen ervaar, het sy veelsydigheid en vernuf behoorlik ten toon gestel.

Adams het bygedra tot die positiewe vloei van die spel en is beloon met ’n verdiende drie.

Hy het verder ook sy skopskoen met groot sukses aangewend en ’n doel- en strafskop deur die pale gestuur.

Die inspirerende haker Werner Greeff het ook ’n drie gedruk terwyl Wian Buys met nóg ’n strafskop geslaag het.

Die statistieke toon dat die Paarliete se verdediging foutloos was. Die Kapenaars kon nie een keer daarin slaag om deur die tuisspan se lyn te breek nie.

Wat moontlik ’n bron van kommer mag wees, was die hoeveelheid strafskoppe wat hulle afgestaan het. SACS het hulself in die wedstryd gehou met ses strafskoppe, maar kon nie die druk hanteer nie.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za