Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fluit en kitaar by La Motte

Fluit en kitaar by La Motte
 
2005-06-02


DIE laaste uitvoering in die huidige reeks konserte op La Motte Wynlandgoed vind Saterdag om 19:00 plaas.

Zomari, ’n fluit-en-kitaar duo bestaande uit twee van Kaapstad se voorste musici, Bridget Rennie-Salonen en James Grace, speel werke wat oor meer as drie eeue strek.

Bridget Rennie-Salonen was hoof-fluitspeler in die destydse Kaapstadse Filharmoniese Orkes waar sy die Ben en Faye Carklin Toekenning vir artistieke uitmuntenheid ontvang het. Tans doseer sy fluit aan die Universiteit van Kaapstad.

James Grace het verlede jaar ’n sensasionele debuut as solis met die Kaapse Filharmoniese Orkes gemaak in Rodrigo se Concerto de Aranjuez.

Hulle program op La Motte bestaan uit werke van die Barokkomponiste Telemann en Giuliani, asook Bartok se Roemeense Danse. ’n Interessante komposisie van die Japanese komponis, Takemitsu, wat oosterse en westerse klanke vermeng, word ook uitgevoer.

Kaartjies vir die uitvoering, wat ’n ligte aandete en landgoedwyn insluit, is beskikbaar deur 876-3119 te skakel.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za