Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dae met woord, vers en musiek

Dae met woord, vers en musiek
 
2007-08-02


VANJAAR se Versindaba sal op 6, 7 en 8 September in die HB Thom-teater op Stellenbosch plaasvind, in samewerking met Die Woordfees.

Van ons mees prominente Afrikaanse digters van wie daar onlangs digbundels verskyn het, vorm deel van die program.

Hieronder tel bekendes soos George Weideman, Jeanne Goosen, Dolf van Niekerk, Hans du Plessis, Joan Hambidge, Marlise Joubert, Cas Vos en HJ Pieterse.

Breyten Breytenbach en TT Cloete se verse sal onderskeidelik deur Ampie Coetzee en Helena Conradie voorgedra word.

Johann Nel, bekende woordkunstenaar, sal ’n program rondom die poësie van MM Walters en wyle Ronnie Belcher aanbied.

Soos in die verlede word die voordragte afgewissel met onderhoude, besprekings en musiek.

Die musikale komponent word vanjaar tot ’n besonderse hoogtepunt gevoer, met optredes deur Jak de Priester, Anton Goosen, Philip de Vos, Niël Rademan en Riku Lätti.

Poësieliefhebbers kan ook uitsien na die unieke voordragstyl van David Ferguson (van “Three White Men”–faam) en die kabaretagtige Sleursange (teks deur Marlise Joubert en regie deur Mareli Hattingh van die US Dramadepartement).

Nog ’n besonderse bydrae tot die program is die Dana Mouton-lesing wat vanjaar deur prof. Lina Spies gelewer word. Sy sal praat oor die tema “Wat is poësie?”

Kaartjies is verkrygbaar by Protea Boekwinkel op Stellenbosch by 021-882-9100 of proteaboek@mweb.co. za of ls.protea@mweb.co.za.

Die volledige program is by www.proteaboekhuis.co.za of www.woordfees.co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za