Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


US koor sing op Wellington

US koor sing op Wellington
 
2007-08-02


DIE gevierde Universiteitskoor van Stellenbosch, onder leiding van André van der Merwe, tree môre-aand om 19:30 in die NG Moederkerk, Wellington op.

Die Universiteitskoor is die oudste en mees gevierde koor in Suid-Afrika.

André van der Merwe is in 2003 aangestel as dirigent van hierdie koor en onder sy leiding het die koor baie hoogtepunte beleef, onder andere toe die koor in Julie 2004 aangewys is as algehele wenner van die kategorie vir Jeugkore by die Wêreldkoorspele in Bremen, Duitsland.

Dis ’n voorreg om na hierdie uitmuntende Universiteitskoor te luister en dit is vir Wellington ’n eer om hulle te ontvang.

Kaartjies vir hierdie uitvoering is beskikbaar by albei takke van W’rite Shoppe in Wellington, Ink-Net Internet Café in Lady Greystraat, Paarl asook die aand by die deur teen R50 (R20 vir skoliere, studente en pensionarisse).

Skakel Ena Coetzee by 021-873-1400 of 072-936-7654 vir besonderhede.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za