Nuwe teater by Simonsvlei
2005-06-02
DIE Paragon kelder by Simonsvlei het ná vyf jaar weer sy deure oopgemaak vir die publiek met vermaak vir die Paarl en omgewing.
Rocco de Villiers, bekende pianis, het met sy flambojante styl en intellegente kwinkslae gesorg vir die openingsaand se uiters suksesvolle vermaak.
Lynette Griessel, organiseerder, sê daar word beoog om ten minste een optrede per maand te reël.
“Dis heerlik om weer iets vir die gemeenskap aan te bied wat eer bring aan al ons bestaande en ook opkomende kunstenaars. Die teater beskik oor sy eie klank-en beligtingstelsels wat die kaartjies meer bekostigbaar maak.”
’n Ete is voor die optrede in die proelokaal beskikbaar. Simonsvlei wyne is ook te koop.
Die volgende konsert is op Woensdag 29 Junie met die Boulevard Blues Band.
Vir besprekings vir die shows en etes, kontak Lynette Griessel 863-3040.
More
News
|