Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sakepersele kan pryse wen

Sakepersele kan pryse wen
 
2007-08-02


DIT is die missie van die Verfraaiingskomitee om van Wellington ‘n goedversorgde, boomryke en aantreklike dorp te maak.

En die sake- en nywerheidskern van ‘n dorp is net so ‘n belangrike deel; dis dikwels daar waar die oorsese besoekers en sakevennote kom.

Die Verfraaiingskomitee van Wellington maak daarom reeds sedert 2000 toekennings aan sakepersone om erkenning te gee aan dié van hulle wat moeite doen om hul sakepersele goed te versorg.

Sake-ondernemings word deurlopend deur die jaar evalueer. Die komitee het vanjaar besluit om die kategorieë te verander om ‘n billiker evaluering moontlik te maak. Persele word nou ingedeel in Sake- en Nywerheidspersele en Gasvryheid- en Onthaalpersele.

Verder word daar onderskeid getref tussen groot en kleiner persele. Toekennings word in drie verskillende klasse gemaak (goud, silwer en brons).

Vanaf vanjaar sal daar dan ook vier wisseltrofeë toegeken word aan die sakepersele wat die komitee die meeste beïndruk het in die onderskeie kategorieë.

Van die belangrikste kriteria waarna gekyk word, is eerste indrukke (geheelindruk van gebou en terrein, algehele netheid), geboue: skoon en netjies, boustyl en afwerking en terrein (gehalte en netheid, omheinings, plantegroei, plaveisel, grasperke, beddings, spesiale fokuspunte).

Dit gaan dus nie soseer oor tuine alleen nie, maar oor die perseel as geheel; die hoofdoel is egter tog ook om sake-eienaars aan te moedig om hul persele te vergroen.

Daar is ook onlangs ‘n ander kategorie bygevoeg wat uitsluitlik op die geboue fokus. Toekennings word aan individue gemaak wat in die historiese kern van die dorp (a) sy eiendom sinvol gerestoureer het, (b) ‘n nuwe gebou in gepaste styl opgerig het of (c) ‘n ou gebou netjies opgeknap het. Hierdie toekennings vind eenmalig plaas in die jaar waarin die werk voltooi is.

Hierdie toekennings word in Oktober gemaak tydens die prestige geleentheid van die Sakekamerdinee Woensdag 10 Oktober.

Die komitee verneem graag van belangstellendes wat voorstelle het in verband met die dorp. Hulle kan gekontak word by die voorsitter Eugenie Wiggins 083-308-8492 of ewiggins@citrona.co.za of die sekretaris Charl Tomlinson by 021-873-2759, 082-592-6807 of charltom@ mweb.co.za.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za