Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gimmies steier ná diefstal voor interskole

Gimmies steier ná diefstal voor interskole
 
2007-08-02


HOëRSKOOL Gimnasium is op die oorlogspad. En nie ter voorbereiding van die interskolestryd wat Saterdag plaasvind nie, maar oor herhaalde vandalisme wat by die skool plaasvind.

Die afgelope naweek was die laaste strooi, toe daar by hul klubhuis inge-breek is en ’n Transvaalse provinsiale rugbytrui van oud-leerder Kobus Wiese gesteel is, asook ’n Springbok sweet-pakbaadjie van hokkiester, Piet van Blerk (ook ’n oud-Gimmie).

Die dief het op die pawiljoen van die klubhuis geklouter en ’n ruit ge-breek.

Hierna het hy vermoedelik direk na die vertoonkabinet gestap waar die kle-dingstukke gehou word, die slot daarvan afgebreek en vinnig met die goedere ontsnap. Geen trofeë is geneem nie.

Die alarm is geaktiveer, maar die kwaaddoener het met sy buit gevlug nog voordat veiligheidsbeamptes op die to-neel aangekom het.
Skoolhoof, Basjan Reinhardt, het gesê dat hulle met hul hande in hul hare sit met diefstal.

“Dit is nie die eerste keer dat daar in die klubhuis ingebreek word om waarde-volle memorabilia te steel nie.

“Hierdie kledingstukke word met trots deur oudleerders aan ons geskenk en ons ontvang dit ook met trots.

“Daar is geen geldelike waarde daar-aan nie, slegs onskatbare waarde vir ons, weens nostalgie.”

Weens die grootte van Hoërskool Gimnasium se terrein is dit uiters moei-lik om die hele area agter slot-en-gren-del te plaas.

Ten tye van Paarl Post se besoek Maandag aan die klubhuis, was ’n fo-rensiese deskundige besig om die ge-breekte venster en vertoonkas te fynkam vir vingerafdrukke, maar dit lyk asof die dief rubberhandskoene gedra het.

Die terreinbestuurder van Gimna-sium, Jannie Viviers, het gesê dat hulle nou ernstige maatreëls gaan instel om die kwaaddoeners vas te vat.

Die kwellende vraag bly staan: wie in die Paarl wil nou eintlik ’n Trans-vaalse rugbytrui steel?

Die skool kan gekontak word by 021-872-1541 met enige inligting wat kan help met die terugbesorging van dié twee kledingstukke.
* A thief has once again broken into the clubhouse of Gymnasium High, stealing clothing of ex-Springboks which has great sentimental value to the school.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za