Ruk en rol
2007-08-02
VIR die volgende paar weke sal daar hope vermaak wees by die Simonsvlei-teater in die Paarl.
Saterdag is dit “Tribute to Elvis Presley” met Matt Stern. Hy skryf sy eie liedjies en het ’n stem opgelei vir klassieke en kontemporęre musiek, en Elvis Presley se liedjies was nog altyd sy passie. “Hound dog” is Matt se huldeblyk aan die koning van Rock ’n Roll.
Op 23 Augustus tree die Boulevard Blues Band op en 30 Augustus sal Zak van Niekerk en Band gaste vermaak.
Vir meer besonderhede, skakel Lynette Griessel by 021-863-3040 of e-pos info@simonsvlei.co.za.
More
News
|