Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laat die waterbiesies bewe

Laat die waterbiesies bewe
 
2007-08-02


SANGER Jan Blohm en gaskunstenaar Ryno Velvet tree op 10 Augustus om agtuur op by die intieme Waterpoel Teater op die Agter-Paarlpad.

Blohm het sy eerste accoustic by ‘n pawnshop gekoop en homself vet gevoer aan die musiek van Ben Harper, Stevie Ray Vaughn en ZZ Top, maar Afrikaans is vir hom heilig en hy probeer ‘n digterlike eienskap aan sy musiek gee.

As jy met hom praat, lyk hy die rustigheid self tot jy hom ‘n kitaar in die hand stop. Dan rock hy. Hard. Die are bult in sy natgeswete nek as hy gil: Gee my ‘n whisky, gee my ‘n gun, want jou voodoo het my gevang.

Blohm is eintlik ver van net blote musikant. Hy is ‘n kunstenaar wat met klank en instrumente toor. Die lirieke is sterk en die bluesklanke skreeu van pure plesier.

Kom luister na Jan Blohm en Ryno Velvet by ‘n eenmalige vertoning by Waterpoel.

Besprekings by Trudy 082-896-9863 (net 50 sitplekke). R120 sluit sop, bruschetta en bulderende vuur in.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za